Ontdek die soeter kant van kook met hierdie spesiale versameling van 34 heerlike kaaskoeke, terte, koekies en lae kalorie soethappies.
Hierdie resepteboek bring die beste soet resepte saam wat oorspronklik in resepteboeke 1–4 verskyn het, nou netjies gekombineer in één praktiese nageregboek.
Of jy nou lus is vir iets vinnig en eenvoudig, of ’n indrukwekkende bederf vir spesiale geleenthede wil voorberei, hierdie boek bied van poedings, romerige kaaskoeke, en geurige terte, asook ligter, lae-kalorie soet happies vir diegene wat steeds wil bederf sonder skuldgevoel.
Hierdie boek is nie net ’n versameling resepte nie, maar ’n viering van al die geliefde soet disse uit my vorige boeke, nou gerieflik saamgebring in een volledige nagereg gids.







